top of page
LOGO.png

Jy word hartlik uitgenooi na die troue van 

Charl & Marycke

Ons storie

Dit het alles in 2015 begin, tussen die gange van die Universiteit, waar twee paaie mekaar vir die eerste keer gekruis het - onbewus van die liefdesverhaal wat besig was om te ontvou. Wat as ’n eenvoudige vriendskap begin het, het stilweg verdiep tot iets besonders en opreg. Op 5 September 2015 het ons hande gekies om mekaar vas te hou en ons liefdesreis saam het amptelik begin.

​

Deur die jare het ons saam gegroei - met lag, herinneringe en drome wat stadig maar seker vorm aangeneem het. Ons huis en harte is gevul met liefde, vergesel deur ons twee hondjies, Buddy en Ozzy, wat elke dag nóg mooier maak.

​

Op 4 Januarie 2025 is die vraag gevra wat ons harte reeds lankal beantwoord het. Met groot opgewondenheid en dankbaarheid sien ons nou uit na hierdie nuwe hoofstuk - ’n leeftyd van saamwees, liefde en alles wat nog kom.

​

#NienaberTroue

Ons Storie
edit 1.jpg
edit 3_edited_edited.jpg

Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.  Prediker 4:9-10

Datum

&   Tyd

8 Augustus 2026

14:00 vir 14:30

Ligging

Gecko Ridge Venue​

70 Gecko Ridge Rd, Mooiplaas, Pretoria, 0065

Ons Troue
image0_edited.jpg

Kleredrag

Semi-formeel volgens die aangeduide kleurpalet 

edit 6_edited.jpg

Algemene inligting

Kontantkroeg met Kaartfasiliteite

Metgeselle slegs per uitnodiging 

Slegs kinders onder 2 jaar is welkom en sal gratis wees.

Ons versoek vriendelik dat ouers asseblief hiervolgens beplan

DSC_7747.jpg

gESKENKWENK

Julle deel in ons vreugde, ons lag en ons traan,
en daarvoor sal ons altyd dankbaar bly staan.

Ons is geseën met alles wat ons benodig,
maar drome vir môre bly altyd volop.

As julle harte sou voel om te gee,
sal ’n geldelike bydrae waardeer word deur ons twee -
vir herinneringe nuut en ’n toekoms saam,
wat ons met liefde verder sal raam.

DSC_7632.jpg
DSC_7850.jpg
DSC_7729_edited.jpg
Geskenkwenk

Ons vra dat gaste asseblief sal RSVP teen

30 April 2026

Ons sien uit om die spesiale dag met ons geliefdes te deel. 

RSVP

Akkommodasie 

Vir gaste wat graag wil oorslaap, is daar verskeie akkommodasie-opsies beskikbaar by en naby die Gecko Ridge Venue. 

RIVER VENUE

Akkommodasie by Gecko Ridge Venue  

Let asseblief: Bespreek kamers met "River" vooraan die naam 

FOREST VENUE

Akkommodasie by Gecko Ridge Venue

Slegs beskikbaar vir bespreking 3 maande voor die troue

SILVER FIG

±1,8 km vanaf Gecko Ridge Venue

ROSEMARY HILL

±3,5 km vanaf Gecko Ridge Venue

LOGO.png

 © 2026 - Designed Knots Wedding Websites

Akkommodasie

 

© 2026 by DesignedKnots Websites

 

bottom of page